'N BRUILOFSDUO
'n Bruilofsduo
Akoestiek is ‘n afrikaanse bruilofsduo uit die hartjie van Centurion, Pretoria, wat dit geniet om bruilofsfeeste, vir die afgelope 11 jaar, met akoestiese verwerkings van bekende & oorspronklike liefdesmusiek in te kleur & om ‘n gepaste atmosfeer te skep wat die fokus op die mooi & kern van die huwelik vestig.
Ons Storie
Ons is Werner & Rozanne Kahts. Ons het mekaar jare gelede in die kerk-orkes ontmoet, saam musiek begin maak & sedertdien nog nie opgehou om die pad saam te bly stap nie. Ons is in 2012 getroud & het in 2013 by ons eerste troue gesing. Akoestiek is uiteindelik in 2017 gebore nadat ons vele geleenthede gehad het om by familie & vriende se troues te sing, dit vreeslik geniet het, die nood vir goeie en egte liefdesmusiek begin raaksien het en besef het dat ons soveel daarvan het om te gee.
Ons glo in die gawe van getroud-wees & dit gee ons groot vreugde om te kan beaam watter krag die eenheid daarvan dra.
Musiek
Ons is lief daarvoor om oorspronklike en bekende wysies in akoestiese weergawes te omskep. Ons sing liefdesdeuntjies - van dié soort wat jou ‘n knop in die keel gee, tot dié wat jou voete laat jeuk om te skoffel. Volg die skakel vir meer musiek en luister na 'n paar akoestiese weergawes van bekende liedjies.
‘Ons is absoluut mal oor troues.
Dit verskaf ons groot vreugde om
musiek oor die liefde te skryf
& mense te inspireer om
weer daarin te glo.’