Op 21 Desember 2012 was daar sprake dat die wêreld sou eindig - dit was heel gepas die begin van ‘n ongelooflike avontuur saam en die einde van ons aparte enkellopende lewens - Die dag toe ons getroud is. Ons het mekaar 10 jaar gelede in die kerk-orkes ontmoet, saam musiek begin maak & sedertdien nog nie opgehou om die pad saam te bly stap nie.
Akoestiese Musiek spesiaal vir jou troudag. Ons skep die gepaste atmosfeer om die fokus op die mooi van die huwelik te vestig.
Ons deel graag nuwe musiek, nuus & spesiale aanbiedinge op sosiale media. Volg ons gerus op enige van hierdie bekende sosiale media platforms ~
Akoestiek Musiek | @akoestiek.musiek
Akoestiek Musiek | @akoestiek.musiek
Akoestiek Musiek | @akoestiek.musiek
O n s h o o r g r a a g v a n j o u
Kontak ons gerus vir meer inligting, met enige navrae, vir ‘n persoonlike kwotasie asook om ons beskikbaarheid vir jou troudag vas te stel. Ons sal baie graag daar wil wees.
trouklokkies@akoestiek.co.za
Voor die seremonie is ons daar om die atmosfeer vir die groot oomblik te skep, die gaste te verwelkom & ‘n sterk arm aan die afwagtende bruidegom te verleen. Soms koop ons bietjie ekstra tyd vir die bruid vir daardie laaste mooimaak & dan neem ons almal op reis deur die bruid, met haar aankoms, na die kansel toe te vergesel & die beloftes & ringe onvergeetlik met die bruidspaar se keuses van gunsteling liedjies in te kleur.
C a n a p é s & F o t o g r a f i e
Terwyl die bruidspaar die kosbare oomblikke van hulle spesiale dag saam met die fotograaf vasvang, vermaak ons graag die gaste met akoestiese musiek om die tyd ongesiend te laat verby gly & die feestelikheid te laat voortduur totdat die bruidspaar hul gaste weer met die onthaal as Mnr. & Mev. ontmoet.
S e r e m o n i e & C a n a p é s K o m b i n a s i e
Vir die bruidspare wat deurlopende akoestiese musiek spesiaal vir hul troudag wil boek, bied ons ‘n kombinasie-pakket wat vir akoestiese liefdesmusiek tydens die Seremonie asook die Canapés teen ‘n verlaagde prys sal sorg.
Indien die bruidspaar ‘n klein bietjie meer speling wil toelaat om die kosbare oomblike oomblikke van hulle spesiale dag saam met die fotograaf vas te vang, bied ons graag verlengde vermaak vir die gaste terwyl hulle gesellig aan ‘n heerlike eethappie smul & rustig akoestiese musiek geniet.
“ Tyd staan stil by jou, in jou arms toegevou. Ek dans graag saam jou tot die son opkom & die daglig wink om huistoe te kom. ”
~ B a l k e T o e